Witman Lyrics


Witman loop deur die nuwe era strate

Honger in die sakke en vloeke in die mond

Witman kyk na die vrygestelde slawe

Vergete monumente, Bloedrivier, Godsverbond

Witman loop met 'n swart agorafobia

Soli deo Gloria, strate van Pretoria

Witman se toekoms lyk al meer lagwekkender

Laat in die nag lê hy wakker wakker wakker wakker

Witman! Witman!

Witman loop deur die Trellidor utopia

Volkskonsentrasiekamp, onbewus euforia

Witman loop ongemaklik in sy vel

Elke tree wat hy gee 'n bietjie nader aan die hel

Witman nihilisties, witman fatalisties

Kripties pessimisties oor die mensdom dom dom

Witman se toekoms lyk al meer skrikwekkender

sy hart tik tik soos 'n tydbom bom bom

Witman! Witman!

Witman voed op die oorskiet van verlede dae

Oplossings van gister vir probleme van die hede dae

Witman werkloos, witman ambisieloos

Witman staar die mure plat met grafte in sy oë

Witman gaan siel verloor, witman gaan familie moor

Witman heelnag wakker soos 'n lewendige lyk

Witman se rewolwer lê gereed onder sy kussing

More oggend vroeg skiet hy sonder om te kyk KYK

Witman!