Hoe sal jy my roep
En hoe gaan jy die ander roep
Jy wil ons neem na waar wat was vergaan,
Wil ons onthaal waar die dood onstaan.
Waar die antwoord verskyn
En die vlees verdwyn
Wil jy jou liefde verklaar.
Hoe sal jy my roep
En hoe gaan jy die ander roep
Jy wil ons neem na waar die vreemde wag,
Waar iemand anders gaan besluit of jy moet huil of moet lag
Ons bagasie is swaar en ons kennis is maer
Ek wil nie gaan maar die meeste is al daar
Hoe sal jy my roep
En hoe gaan jy die ander roep
Jy wil ons neem na waar die vreemde wag,
Waar iemand anders gaan besluit of jy moet huil of moet lag
Waar die antwoord verskyn
En die vlees verdwyn
Wil jy jou liefde verklaar.
Hoe sal jy my roep
En hoe gaan jy die ander roep