Tienerangs Lyrics


Betreur jou lot, Blameer vir God

Staaf jou eise met trane en snot

Middelvinger in die lug en jou duim in jou hol

Almal is teen jou en die wêreld skuld jou fokol

Skryf 'n hartseer gediggie oor jou tienerangs

en sê Fok jou

Blameer jou ma, blameer jou pa

vir die eiebelang wat jy saam met jou ronddra

Voel jammer vir jouself elke fokn dag

Skree as jy moet stilbly en huil as jy moet lag

Skryf 'n morbiede bundel oor jou tieneragtige angs

en dra jou las soos 'n eremedalje, verwyt soos 'n kroon

Skryf 'n ballade van wanhoop oor jou tienerangs

en sê Fok jou

Skryf 'n ballade van wanhoop oor jou tienerangs

en sê Fok jou

Bou 'n stormdrang altaar vir jou tienerangs

en skree

Fok Jou