Swaar metaal Lyrics


Skedels plavei die aarde, dooie vals profete stil

Kake verstar in 'n ewige bevrore gil

Oordeel oor bedrieërs, hul liedere en dade

Vonnis met vuur, stel tereg sonder genade

Konings Oor Besete Uitverkore Siele

Herrys uit die vlamme van Swaar Metaal

Onaardse stemme bring die tyding van vernietiging

'n nuwe rewolusie, nuwe lofgesange om te sing

jou loon onheilig swaar verdien, die laaste wat jy lig sal sien

die hemel kraak, die wolke brand, jou hart lê bloeiend in jou hand

Konings Oor Besete Uitverkore Siele

Staan in die vlamme van Swaar Metaal

Jou ore bloei, jou oë ontplof, jou brein verkool tot pikswart stof

Jou gesig in repe afgeruk, deur donderdromme afgesluk

Die kitare van die waarheid sweep jou rug tot jy jou siel verpand

Vir ewig op jou knieë voor die Meesters van Linkerhand

Konings Oor Besete Uitverkore Siele

Heers in die heelal van Swaar Metaal

Metaal!