N.J.S.A Lyrics


Hongersnood, Vigsdood

Dakloos, werkloos, moedeloos, broos

Presidentia, In Absentia

Wanbestuur, vagevuur, ondier, plesier

Orania, Azania

Oggendstond, gifmond, kultuurbom-lont

Obsessie, depressie

Jeugslagting, skoolverkragting, dooie verwagting

Oja, Ons weier om die sondes te dra van jou ma en pa

O ja, Die Lied van die Nuwe jong Suid Afrika

Kuberseks, sms

Pentium-slagaar, ooievaar-rekenaar

Siel beroof, pyn verdoof

Donker dae, donderslae, narkotika

Swaar Metaal, anti-sosiaal

Kritiekskool, woordgoël, KOBUS! hiperbool

Skuldgevoel, modderpoel

Seer, verleer, ontbeer, distansieer

O ja, Knip ons vlerke en ons groei weer 'n nuwe paar

O ja, Die Lied van die Nuwe jong Suid Afrika