Huigelaar Lyrics


Halleluja Hosanna!

Kom kyk na my konsert

My skynheilige skouspel

Die skamele honderd rande werd

Ek preek die nuwe testament met 'n Rock'nRoll gebed

Net 999neëntig op 'n cd of kasset

Koop! Koop! Koop! My woorde soet soos stroop

Die show wat ek hou sal verlossing bring vir jou

Kom! Kom! Kom! Gehoorsaam my gebod

Ek is 'n selfvoldane sot soos 'n christen vermom

Hosanna Halleluja!

My DVD is klaar

Ek loof die naam van Jesus

Met 'n juigende kitaar

Die kamera streel sagkens oor my plastiese gelaat

Agter sneeuwit Armani skuil die hart van 'n huigelaar

Koop! Koop! Koop! My DVD hoop

Ek wil 'n groot nuwe huis bou, betaal deur jou

Gee! Gee! Gee! Ek soek 'n nuwe BMW

Om al die geld wat ek kry na die bank toe te karwei

"Maar wag, dis nie al nie luister nou na dié aanbod.

Koop my plaat voor eind-Oktoberr, kry 'n kleurplakaat van God!!"

Halleluja Hosanna!

Die duiwel is verslaan

Almal wat my cd koop kan hemel toe gaan

Ek preek die blye boodskap met 'n Rock"nRoll gebed

Net 999neëntig op 'n cd of kasset

Kom kom kom! Huigelaar!

Hosanna Halleluja

Koop koop koop! Huigelaar!

Hosanna Halleluja

Kom kom kom! Huigelaar!

Halleluja Hosanna.

Kom kom kom gehoorsaam my gebod

Ek is 'n selfvoldane sot soos 'n christen vermom!