Honger Lyrics

Ek is honger vir die skaduwees wat intrek voor die son

Ek is honger vir die strate en die ligte en beton

Ek is honger om die dag se laaste voor my te sien vlug

Ek is honger om die sondaars met my sonde te bevrug

Ek is honger, honger

Ek is honger vir versoek, ek is honger vir vervloek

Ek is honger vir adrenalien, spoed se warm gloed

Ek is honger vir Gehenna, Kuzimu en Tartarus

Ek is honger vir die vuur ek is honger soos 'n dier

Ek is honger vir die doodskleed

Honger vir 'n Mammon, honger vir 'n Babilon

Honger vir die nag se koue vingers om my keel

Ek is honger vir die gille, die geweld en die vrees

My honger is 'n monster, is 'n reuse bose gees

Ek is honger vir vergelding, sien die wraak in my gesig

Ek is honger om die vrede te ontwrig

Ek is rasend honger

Ek is honger vir venyn, die ongoddelike pyn

Ek is honger vir die marteling, koue en geween

Ek is honger vir die waansin, sweet en bloed wat oor my reën

Ek is honger vir minagting, blindelingse slagting

Honger vir 'n vlammevloed

Honger vir 'n Mammon, honger vir 'n Babilon

Honger vir 'n avondmaal van vlees en warm bloed

Rasend Honger

Honger vir 'n Mammon, honger vir 'n Babilon

Honger vir 'n bloedbad

Ek is honger vir oproer in die gekkeparadys

Vir siviele ongehoorsaamheid wat uit die nag verrys

Ek is 'n honger megamaniak met duiwels op my rug

Hou jou pote van my af of trek 'n stompie terug

Ek is honger vir minagting, blindelingse slagting

Honger vir 'n vlammevloed

Honger vir 'n Mammon, honger vir 'n Babilon

Honger vir 'n avondmaal van vlees en warm bloed

Honger vir die vuur, ek is honger soos 'n dier Ek is honger vir die Doodskleed

Honger vir 'n Mammon, honger vir 'n Babilon

Honger vir die nag se koue vingers om my keel