Doodstraf Lyrics


Ons is vryheid belowe maar het vrees ontvang

Met pyn en trane en begrafnissang

Die reënboog is rooi deurweek met bloed

Op die horison agter die begrafnisstoet

Doodstraf, bring die doodstraf terug

Doodstraf, bring die doodstraf terug

Ons is vryheid belowe maar het vrees ontvang

Ouers paranoïs en kinders is bang

Die ongedeerdes sê dis 'n slegte idee

Maar as die Hel oor hul drumpel trap sal hulle ook skree vir die

Doodstraf, bring die doodstraf terug

Staan saam en eis die doodstraf terug

Noodmaatreels vir 'n noodtoestand

'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand

Ons is vryheid belowe maar het vrees ontvang

Soos 'n skandvlek Judaskus op elke wang

En as die strome onskuldige bloed aanhou stort

Gaan die mense begin doen wat daar gedoen moet word

Doodstraf, bring die doodstraf terug

Staan saam en eis die doodstraf terug