Amen Lyrics


Die son gaan stilstaan in die lug en swart brand teen die blou

Die maan se trane, strome bloed, sal rooi vloei in die grou

Die diere van die land en water en lug sal stilword en wetend kniel

En die ysingwekende besef dat die waarheid heeltyd daar was

sal skeur deur die mensdom se siel

Die hemelruim gaan oopvou, die lig gaan verblindend wees

Eiegeregtelike dwase sal versteen stan en staar tussen lasteraars vol vrees

Biljoene gille, 'n koor van angs, sal die stem van die aarde word

Begelei deur die voeteval tussen oop donker grafte gapend in die grond

Die dag van woede en wraak

Die laaste bladsy in die raaiselverhaal

Die einde en begin van alles en niks

Amen

Die ewige oomblik waar die Antwoord verskyn

Die grenslose ruimte sal weerklink tot die glorie van die komende pyn

Die skeiding sal sonder seremonie begin

Die een kant hier, die ander kant daar

En die deur van jou brein gaan kraak in sy raam

Terwyl jy wag om te hoor of jy saamgaan of nie

Die einde en begin van alles en niks

Amen